Ons benadering word teoreties gefundeer deur die Broken Window Theory wat met groot sukses in NewYork in die VSA toegepas is. In kort kom dit daarop neer dat as die klein goedjies eers reggemaak is en instandgehou word, volg die groot verbeteringe met tyd outomaties. Die teorie veronderstel ook dat netjiese areas ‘n aanduiding gee dat die inwoners van die gebied omgee en bedag is op wat rondom hulle aangaan en dit lei weer tot verlaagde misdaadvlakke.