Jammer, registrasie is beëindig.

VERBY. KYK GERUS NA AL DIE FOTOS. DANKIE VIR ALMAL SE HULP! Saterdag die 26ste het ons ‘n groot skropsessie in ‘n probleemarea in die Moot. Met enige skropsessie is daar baie reelings en werk wat agter die skerms wat gebeur. Baie mense en besighede doen baie voorbereiding en harde werk om so dag ‘n sukses vir die gemeenskap te maak. Meld asseblief 07h50 aan om in spanne gedeel te word. Parkeer asseblief op die hoek van Nico Smithstraat en 24ste Laan


  • datum: 2022/11/26 07:50 AM - 2022/11/26 10:00 AM
  • plek 24th Avenue, Villieria, Pretoria, South Africa (kaart)
  • Meer inligting: Kruising en brug: Pierneefstraat, 24ste Laan en Nico Smithstraat

beskrywing

Doelwitte van skropsessie

* Sny takke van die groot boom wat die sypaadjie op brug toegroei

* Verwyeder plantegroei op die brug wat ongewensde elemente wegsteek

* Herstel die gat op die sypaadjie van Nico Smith straat wat die metro oopgemaak het tydens 'n vorige waterlekherstelwerk

* Maak die stormwaterdreine oop

* Tel alle papiere en gemors op - spesifiek langs die treinspoor

* Verf verkeersligte se pale by Pierneefstraat en Nico Smith straat

* Verwyder alle ongewenste plakkate en plakkers van pale

* Blaas sypaadjies skoon

* Verf lamppale se onderste gedeeltes weer swart

* Verwyder graffiti op die brug


DAAR SAL OP DIE DAG SEKURITEIT WEES

AS DANK VIR AL DIE HARDE WERK SAL DAAR NA DIE TYD GEBORGDE VERVERSINGS WEES