BORG 'N PERMANENTE SKOONMAKER

Soos voorheen vermeld, as ‘n area skoongemaak is, probeer ons daarna ‘n werker aanstel aan om die gebied permanent skoon te hou. Die werker stap daagliks ‘n spesifieke roete en het ook ‘n radio (geborg deur die Moot Buurtwag) wat gekoppel is aan KPS se beheerkamer om veiligheid op sy/haar roete op te skerp. Enige maandelikse bydrae tot die salaris van so persoon is welkom - klein of groot, dit maak nie saak nie - elke bydrae is baie welkom. 

Wat die permanente persoon daagliks sal doen, is die volgende:

- Tel papiere, bottels en ander rommel op.

- Hou sypaadjies skoon op watter manier ook gepas is.

- Maak die samevoeging van die randstene en teer deeglik skoon.

- Snoei bome se klein takkies wat oral uit stamme groei, gereeld af.

- Verf insfrastuktuur waar nodig.

As jy ‘n bydrae maak, sal jy presies weet waar en waarmee die persoon werksaam is. Vir die doel word jy geplaas op ‘n WhatsApp-groep saam al die ander donateurs wat die persoon se salaris betaal. Op die groep sal die werker daagliks foto’s plaas van wat dié dag gedoen is. 

Afhangende van die grootte van die bydraes, word werkers pro rata aangestel - hopelik vyf dae per week.. As die bydrae in ‘n sekere area nie groot genoeg is nie, dan werk die werker slegs vir die hoeveelheid dae wat die inkomende donasies wel kan befonds.

 ‘n Voltydse werker se salaris is tans R5000 per maand.

Bankbesonderhede:

Die Moot Projek

ABSA

Rekening nr: 410 633 0903

Takkode: 632005

Verwysing: Naam + waarvoor die donasie gaan