BEPLANDE SKROPSESSIES EN ANDER LANGTERMYNAKSIES

Ons identifiseer maandeliks ‘n probleemarea wat skoongemaak en opgehef moet word. Ons maak skoon, tel papiere, glas, blikke en ander gemors op, verf verkeersligte se pale en snoei die bome en sny gras ensomeer in sulke probleemareas.

Die MootProjek se lede en ander vrywilliers beweeg dus in en maak die geïdentifiseerde gebied silwerskoon en herstel wat wettig moontlik is. Ons standaarde is eerstewêrelds – niks minder is goed genoeg nie.

Ons fokus tydens so "n skropsessie (skoonmaaksessie) is om kontak te maak met die gemeenskap wat in die nabye omgewing woon en hulle te vra om tot die verbetering van hulle eie area by te dra. 


Sodra die aanvanklike skoonmaakproses voltooi is, is ons doel om daarna iemand permanent aan te stel om die area deurlopend netjies en skoon te hou. 


Die gedagte is dat so instandhoudingspersoon befonds word deur donasies wat die mense en besighede in die onmiddellike omgewing maak. 

Die aangestelde persoon het ook ‘n radio wat gekoppel is aan KPS se beheerkamer. Op die manier word die probleemarea skoongemaak, skoongehou en terselfdertyd word veiligheid ook opgeskerp. 

Dis ‘n wen-wen-situasie..