Die geskiedenis van die Moot.

Erkenning 

Hiermee word met groot dank erkenning gegee aan Gerard de Kamper, die Kurator van die Universiteit van Pretoria se Museumversamelings. Die inhoud van hierdie dokument word hoofsaaklik ontleen uit navorsing wat oor verskeie jare deur hom gedoen is oor die geskiedenis en ontstaan van straatname in die Mootgebied van Pretoria. 

Die Mootgebied het ontwikkel en gegroei oor ‘n tydperk vanaf ongeveer 1890 en daarna. Sedertdien het families, individue, besighede ens. het gekom en gegaan. Die Mootarea is ryk aan geskiedenis, waarvan die huidige geslag soms nie veel weet nie. 

Het jy al gewonder waar jou buurt of straatnaam vandaan kom? Al gewonder wie het al die pragtige Jakaranda bome geplant en hoekom en waarom? Lees verder en geniet.   

Waar is die Moot geleë? 

Die Moot is geleë in Pretoria (Tshwane) in Gauteng. Dit strek amper vanaf Pretoria-Wes tot by Mamelodi, maar sluit vir doeleindes van hierdie geskrif, die volgende buurte in: Capital Park, Deerness, Gezina, Eloffsdal, Les Marais, Mayville, Waverley, Mountain View, Queenswood, Parktown Estate, Roseville, Villieria en Wonderboom-Suid.

 Die buurt en straatnaam se geskiedenis word hieronder in alfabetiese volgorde verstrek:  

Capital Park: 

Capital Park word uitgemeet as voorstad in 1914 as deel van die nuwe “Municipality of Innesdale” wat geproklameer word in “Proclamation 35 of 1914”. 

Die naam van die area kom van die oorspronklike idee om die area soos ‘n park te laat voorkom met min huise en baie bome. Die gedagte was dat daar geen heinings tussen die erwe sou wees nie.

Straatnaamvernoemings:  

  • Ipandulaweg:

 Ipandula is vanaf iisZulu en beteken “tydelik”, soos in ‘n tydelike woning of blyplek soos ‘n tent. 

  • Myburgstraat

 Piet Myburgh, was een van die stigterslede van Capitalpark saam met menere Flowers, Trouw & Morgan. Hy woon in 7de Laan en is ‘n prokereur asook ‘n lid van die Capital Park Rate Payers Association.   

  • Trouwstraat

 Theodor Trouw (1890-1946), was een van die stigterslede van Capitalpark saam met menere Flowers, Myburgh & Morgan. Hy woon in die spesifieke straat in 1919.   

  • Van Heerdenstraat

 Hercules Christiaan van Heerden (1862-1933) was die President van die Senaat van die Unie van Suid Afrika (1920-1929) asook Minister van Landbou (1913-1920). Hy het ook êrens in Capitalpark gebly.   

  • Flowersstraat

 Harry Hamilton Flowers (1865-1939) was ook een van die stigterslede van Capitalpark saam met menereTrouw, Myburgh & Morgan. Hy was op die Innesdale-dorpsraad en die sekretaris van die Capital Park Rate Payers Association. Sy huis was ook in die straat geleë.   

  • Malherbestraat

 Die straat is vernoem na Simon Pieter Malherbe (1878-1922). Hy was in 1915 tot die Innesdale dorpsraad verkies en was ook waarnemende Dorpsklerk van Innesdale in 1920. Sommige bronne meld dat die straat na die burgermeester van Pretoria van 1931, naamlik Mabel Malherbe vernoem is, maar die straat was egter reeds as Malherbestraat bekend, voordat sy verkies was. 

  • Venterstraat

 Die straat was oorspronklik Second Street genoem, maar die naam is in 1931 na Venterstraat verander. Dit is vernoem na Johannes Albertus Petrus Venter (1887-1969). Alhoewel hy die Provinsiale Verteenwoordiger vir Pretoria-Noord was, het hy in “Ventershuis” in Capitalpark gewoon. 

  • De Friedlandstraat

 Vernoem na George August Leonard de Friedland (1884-1964) wat in die huis teen die berg waar Tweede laan Suid eindig gewoon het, nog voor die gebied uitgelê is. De Friedland was bekend dat vir aan verskeie “geheime” organisasies behoort het soos “The League of Oceania” (1907), “The Grand Order of the Sons of South Africa” (1923) and “The League of Young South Africa (1932). 

  • Heuwelstraat

 Die straat het sy naam gekry vanaf die heuwel waarteen die straat loop en daar word vemoed dat die oorspronklike inwoners die straat so genoem het en dat dit weens algemene gebruik uiteindelik die naam van die straat geword het.   

  • Perksstraat

 Robert Harry Perks (1879-1951) bly in 2de Laan Capitalpark en hy was die registrateur van Onderwys in Pretoria en die straat is na vernoem. 

  • 1ste tot 8ste Lane

 Oorspronklik was die lane soos volg genommer: 8ste Laan was 10de Laan Wes 7de Laan was 11de Laan Wes 6de Laan was 12de Laan Wes 5de Laan was 13de Laan Wes 4de Laan was 14de Laan Wes 3de Laan was 15de Laan Wes 2de Laan was 16de Laan Wes 1ste Laan was 17de Laan Wes. 

  • Behrensstraat

 Oorspronklik was die straat Daspoortlaan genoem en dit is vernoem na William Jacobus Behrens (d.1967). Hy was die dorpsklerk van Hercules Munisipaliteit asook die stigter van die Innesdale Football Club.   

  • Spanlaan

 Die werklike oorsprong van die naam is onseker, maar dit blyk of die donkiespan wat die nagkarre asook ander waens vir die Innesdale-munisipaliteit (in wat nou Wespark is) gesleep het, hier uitgespan het. 


Deerness: 

Die Kirkness familie in Pretoria is verantwoordelik vir die stigting van die dorpsgebied Deerness. 

Deerness is vernoem na die Deerness Skiereiland in Orkney, Skotland waarvandaan die Kirknessfamilie oorspronklik kom het. 

Dit word in 1939 as ‘n voorstad geproklameer en was die laaste onontwikkelde deel van van die historiese plaas Rietfontein 1924. Dit het tot op die punt bekend gestaan as Mogg’s Grond. 

Straatnaamvernoemings: 

  • Mogglaan: 

 Joseph William Mogg (1855-1920) was die eienaar van “Mogg’s Grond” wat vandag Deerness is. 

  • Downiestraat:

 Andrew Thompson Wilson Downie (1868-1950) was ‘n Pretoria Stadsraadlid vanaf 1916 en die straat is na hom vernoem. 

  • Stuartstraat:

 Angus Stuart was ‘n Pretoria Stadsraadlid vanaf 1933 en die verkose lid vir die wyk Innesdale. Hy was ook die voorsitter van die Belastingbetalersvereniging van Innesdale. 

  • Bodelstraat:

 Bodel was die eienaar van die Suidelike punt van Mogg’s gronde voor 1897. Bodel het die deel terselfde tyd aan beide Mogg- en ‘n Henderson-persoon verkoop en dit het tot ‘n hofsaak gelei. Mogg het uiteindelik die hofsaak gewen. 

  • Chamberlainstraat:

 Chaimberlain was die eienaar van die grond aan die Suidelike punt van Deerness asook vanaf 1903 die eienaar van die hardewarewinkel in Innesdale wat vandag nog bestaan. Die hoofkantoor van Chaimberlains Hardware is vandag nog op Parkerstraat geleë.   

  • Kieserstraat:

 Kieserstraat is vernoem na J.B. Kieser wat tot in 1970 nog daar gebly het. Hy was 'n skakelbeampte vir 'n petrolmaatskappy. 

Parke se naamvernoemings in die voormalige Innesdale Munisipaliteit: 

  • Jan Moerdykpark:

 Die Jan Moerdyk Rolbalklub ontstaan in 1958. Dit is vernoem na Jan Leendert Moerdyk (1897-1947) die ZAR se inspekteur vir skole asook ‘n kranige rolbalspeler. 

  • Pieter Humanpark:

 Op 31 Julie 1967 is die park se naam verander vanaf Republiekpark na Pieter Humanpark. Pieter Human was die sekretaris van die Belastingbetalersvereniging van Innesdale vanaf 1961 tot 1964 en ook die voorsitter van die vereniging vanaf 1964 tot 1967. 


Eloffsdal: 

In die 1880s koop Frederik Christoffel (Frits) Eloff (1850-1924) ‘n gedeelte van Les Marais en verander die naam na Eloffsdal. Eloff verkoop die gedeelte in die 1915 aan die Innesdale Munisipaliteit wat in 1929 weer die een gedeelte aan die Suid Afrikaanse Spoorwee en Hawens verkoop. Die oorblywende gedeelte word in 1940 as ‘n dorpsgebied uitgelê.   

  • Eloffstraat:

 Die Eloff familienaam is gegee vanweë Frederik Christoffel (Frits) Eloff (1850-1924) se eienaarskap van die plaas.   

  • Franzinastraat

 Vernoem na Franzina Elsie Van Broekhuizen (1880-1945), die oudste dogter van Frederik Christoffel Eloff.   

  • Neethlingstraat:

 Oorspronklik was die straat Krugerstraat. Die straat is vernoem na Dr A Neethling, die geneesheer van die Eloff’s en hy het ook tydens die Anglo Boere-oorlog ‘n mobiele veldhospitaal bedryf. 

  • Dubochet CI:

 Vernoem na Villa Dubochet in Clarence in Switserland waar die laaste staatspresident van die ZAR, Paul Kruger, sy laaste dae as ‘n banneling deurgebring het. 

  • Clarence CI:

 Die dorp in Switserland waar president Paul Kruger sy laaste dae deurgebring het. Hy is in 1904 hier oorlede.   

  • Fritsstraat:

 Vernoem na die eienaar van die plaas, naamlik Frederik Christoffel (Frits) Eloff (1850-1924).   

  • Riekertlaan:

 Oorspronklik was die straat se naam Weststraat, maar dit is later verander na Riekertlaan – MM Riekert was die plaaslike regeringsverteenwoordiger vir Innesdale in 1922. 

  • Gelderlandstraat:

 Die Gelderland was die skip waarmee Paul Kruger in 1900 na Europa toe vertrek het.   

  • Suzannastraat:

 Vernoem na Frederik Eloff, eienaar van die plaas, se oudste dogter Gezina Susanna Frederika Wilhelmina Eloff (1872-1935).   

  • Casperlaan:

 Vernoem na Paul Kruger se pa, Casper Jan Hendrik Kruger (1801-1852).   

  • Zonneschynstraat:

 Franzina Elsie Van Broekhuizen (1880-1945) en haar man Hermanus Dirk van Broekhuizen (1871-1953) het naby die straat in ‘n huis gewoon met die naam Zonneschijn.   

  • Uitsigstraat:

 Voor die spoorweghuise in die deel gebou is, was hier ‘n park wat Uitsig genoem is vanwee die uitsig oor die plaas.   

  • Begemannstraat:

 Dra die naam van Ds Adriaan Jacob Begemann (1831-1925), predikant van die Hervormde Kerk in Pretoria vanaf 1861 tot 1872 waarna hy die Staatsbibliotekaris word. Hy is ook ‘n stigterslid van die Staatsmeijsesskool in 1894. 

  • Cassienstraat:

 Oorspronklik was die straat Vosstraat genoem. Later is dit vernoem na die Cassien Peragua of die bastersaffraan. 

  • Wegerlelaan:

 Oorspronklik was die straat Middelstraat genoem. Later is dit vernoem na Albert Friedrich Wegerle (1860-1938) wat vanaf 1925 tot 1930 die stadsklerk van Innesdale was.   

  • Avrilstraat:

 Oorspronklik was die straat Nelstraat genoem na Paul Nel, een van die oorspronklike eienaars van die plaas Wonderboom. Die straat is deesdae vernoem na Prof Avril Ire de Merindol Malan (1898-1975). Hy was ‘n biochemikus by Onderstepoort en later die speaker van die Volksraad. Hy het in die gedeelte van Les Marais op ‘n kleinhoewe gebly.   

  • Catharinalaan:

 Vernoem na Paul Kruger se oudste dogter, Catharina Helena Kruger (1849-1911).   

  • Van Zyllaan:

 Oorspronklik was die straat Bow van Zylstraat. In die 1920’s was dit Kortstraat en in die 1930s Bouwerstraat. Die straat is vernoem na Bouwer van Zyl ook genoem Hans Van Zyl, wat ‘n pionier van die area was. 


Gezina:

Die voorstad Gezina is na Gezina Kruger, die vrou van president Paul Kruger vernoem. 

Die eerste erwe in Gezina word op 4 April 1903 verkoop, maar dit is eers in 1914 as ‘n voorstad erken tydens die totstandkoming van Innesdale. 

  • Wolhuterskoplaan (Sokorlaan):

 Sokor Laan in Gezina se naam verander in 1977 na Wolhuterskop omdat daar reeds ‘n Sokorstraat in Silverton was. Wolhuterskop is vernoem na ‘n koppie naby Hartebeestpoortdam. 

  • Rivierastraat (Vandag die Noordelike punt van Unionstraat):

 Interessant genoeg, alhoewel die straat na die woonstelle teen Gezinakop lei en na die voorstad Riviera vernoem word, is die straat in sy totaliteit in Gezina geleë. 

  • Solomonstraat / Laan:

 Ivan Solomon was die burgemeester Pretoria vanaf 1932 tot 1935. 

  • Steve Bikoweg (Voortrekkerweg / Wonderboompad):

 Oorspronklik was die naam van die straat Wonderboompad omdat die die deurpad na Wonderboompoort was, hierdie naam verander egter in 1938 toe die straat herdoop is na Voortrekkerweg om die Voortrekkers van 1838 te huldig. Die straat se naam verander in 2012 weer en die keer na Steve Biko, die anti-apartheidsaktivis wat in 1977 deur die SA Veiligheidspolisie vermoor is. 

  • Elsie Steynstraat:

 Die straatjie is ‘n baie kort straatjie wat net tussen Steve Bikostraat en Johan Heynsstraat loop en onstaan uit Nico Smithstraat. Die straat is vernoem na Elsie Francina Steyn (1806-1934), die moeder van Paul Kruger. 

  • Manie Bredellstraat:

 Die is ‘n baie kort straatjie tussen Steve Bikostraat en Johan Heynsstraat wat onstaan uit Jacobsstraat. Die straat is vernoem na Hermanus Christiaan Bredell (1865-1953) die lyfwag en persoonlike sekretaris van Paul Kruger asook die hoof van Polisie in die ZAR. 

  • Johan Heynsstraat, (HF Verwoerdstraat/ 8ste Laan):

 Oorspronklik 8ste Laan maar verander later na HF Verwoerdstraat (die datum van die verandering is nie aangeteken nie, maar dit mag in 1967 gewees het toe die hospitaal se naam verander het) en vernoem na die eerste minister Hendrik French Verwoerd (1901-1966) wat gedood is in ‘n sluipmoord in die parlement in 1966. In 2012 word die straat se naam weer verander en word dit herdoop na Johan Heynsstraat. Johan Adams Heyns (1928-1994) was die moderator van die NG Kerk en die eerste moderator om Apartheid ‘n sonde te noem. Hy sterf in ‘n sluipmoordaanval in 1994 in sy huis in Waterkloof. 

  • Madgestraat:

 Hierdie is ‘n baie kort straatjie tussen Johan Heynsstraat en 10de Laan vanuit Nico Smithstraat. Die straat is vernoem na Kolonel Charles Albert Madge (1874-1916) van die Transvaal Consolidated Lands Company wat hierdie deel van Gezina besit het. Hy is dood in die Hohenzollern Redoubt tydens die 1ste Wêreldoorlog dood en was Direkteur van die Inligtingsburo by die verdedigingshoofkwartier. 

  • Dr Heymansstraat:

 Die straat is ‘n baie kort straatjie tussen Johan Heynsstraat en 10de Laan uit Ellastraat. Dr Guillaume Marie Albert Heymans (1870-1952) was Paul Kruger se persoonlike arts tydens sy verbanning na Switzerland. 


Les Marais: 

Die gedeelte van die plaas Daspoortrand word in 1968 deur Jan Christiaan Nielen Marais (1822-1896) en sy broer Pieter J Marais gekoop en hulle noem dit Les Marais. Dit was oorspronklik ‘n tabak plaas met die naam “Edith’s Farm”. Die plaas behoort na 1881 aan Hennie Marais voor dit uiteindelik in 1890 as erwe uitgelê is deur MH Walker. 

Al die Maraisbroers bly op die plaas (Nigel, Charles, Rupert & Melt). Later word Booysens en Eloffsdal van die plaas afgesny en verkoop. 

Mayville: 

Uitgelê deur MH Walker in September 1896 en Rissik in Desember 1896. Behoort op daardie stadium aan JD Celliers & Co, Paul Nel & HPF Janse van Rensburg. Die voorstad word vernoem na Mev Mary Green, die dogter van Robert Cottle Green wat die agent was wat die erwe verkoop het.   Oorspronklik was daar Theron- en Bothastrate noord van Baanstraat. Die twee strate word in die 1940’s verwoes deur ‘n vloed en bestaan daarna nie meer nie.  

Baanstraat: 

Die deel van die straat in Mayville het oorspronklik bekend gestaan as Celliersstraat en was vernoem na Jacob Daniel Celliers wat een van die eienaars van die plaas Wonderboom was. Die deel van Baanstraat in Parktown Estate is oorspronlik Loverswalk genoem. Beide die strate se name verander na Baanstraat in 1932, aangesien daar reeds strate met die name was. Die straat is na Baanstraat verander omdat daar ‘n skietbaan op die oostelike end van die straat was.  

Van Rensburgstraat: 

Vernoem na Hendrik Petrus François Janse van Rensburg (g.1862-1906) een van die oorspronklike plaaseienaars van Wonderboom. Die gedeelte van die straat wat deur Parktown loop, was oorspronklik Oxfordstraat genoem.  

Greenstraat:

 Hierdie straat was oorspronklik Nelstraat tot in 1932. Dit was vernoem na Paul Nel, die meerderheidsaandeelhouer in die ontwikkeling van Mayville. Greenstraat is later vernoem na sy skoonpa, Robert Cottle Green van die maatskappy Green Field & Co, wat die agente was wat die erwe in Mayville verkoop het. 

Booysenstraat: 

Vernoem na die oorspronklike plaas eienaar van die area CHZ Booysen waarna die voorstad Booysens ook vernoem is. Hierdie was oorspronklik die deurpad na die Booysen nse plaas Zandfontein. Booysen verkoop egter Mayville aan drie venote, naamlik Celliers, Nel & Janse van Rensburg. Die gebou op die hoek van Booysen- en Mansfieldstrate was die oorspronklike munisipale gebou vir Innesdale.  

Benitalaan: 

Was oorspronklik Lorentzstraat tot in 1932. Harmcus Anton Lorentz was die eersteklerk vir die registrateur van Aktes vanaf ongeveer 1876. Die oorsprong van die naam kon nie vasgestel word nie.  

Mortimerlaan: 

Arthur Benjamin Mortimer (1870-1918) was die prokereur van die firma van Paul Nel, Paul was een van die eienaars van die plaas Wonderboom. 

Paul Krugerstraat: 

Oorspronklik was die straat genoem Michael Brinklaan in Mayville tot in 1930, die straat word dan Blakestraat van af1930 tot 1966 en verander dan uiteindelik na Paul Kruger. Die straat is ook genoem Rissikstraat in Les Marais en Eloffsdal tot 1966.  

Mansfieldrylaan: 

Oorspronklik was die straat Boshoffstraat. Joseph Samuel John Mansfield (1865-1929) was die waarneemende veldkornet vir Pretoria in 1899 en vanaf 1914 ‘n lid van die Innesdale Stadsraad. 

Drylaan: 

Vernoem na Gert Cornelis Dry (1976-1955), ‘n boer van ‘n klein hoewe in Les Marais.  

Mancelaan: 

Oorspronklik was dit Launcestonstraat van 1911 tot 1932. Harry Robert Richard Mance (1864-1933) was op die Innesdale Stadsraad voor dit in 1931 ingesluit is in Pretoria.  

Rhyslaan: 

Vernoem na Arthur Russel Rhys (1879-1918), ‘n klerk in die spoorwee, dood op 11 November 1918 in Britse Oos-Afrika as deel van ‘n transportkolonie. Sy ma het ook in die straat gebly.  

Killicklaan: 

J Kilick was die eienaar van die Residency Hotel in Marketstraat   

Corellilaan: 

Vernoem na Antonia Edith Corelli Laurence Green die eggenoot van Robert Cottle Green wat die agent was vir Mayville.  

5de Laan: 

Oorspronklik was die straat St Stephensstraat in Mayville en Boomstraat in Les Marais en Eloffsdal. In 1932 word dit Crotsstraat waarna dit in 1941 5de Laan word. 

Keetlaan:

 Oorspronklik was die straat Kortstraat dit het in 1932 na Hertzogstraat verander en dan weer na Keetstraat in die 1940’s. Die straat is vandag vernoem na Charles Herbert Dickstal Keet (1868-1932) wat die Hoofgraaninspekteur in Transvaal was.  

Jarvislaan: 

Vernoem na Edward William Jarvis (1881-1939) wat ‘n kleinhoewe hier gehad het. Hy was ‘n algemene werker en nutsman.  

Klesserlaan: 

Oorspronklik was die straat Ooststraat tot in 1932. Vandag is dit vernoem na Lubertus Klesser (1862-1934) wat ‘n wamakery gehad het op erf nommer 4 in Les Marais.  

8ste Laan: Oorspronklik was die straat Nimrodstraat.  

Steve Bikostraat: 

Die kort stukkie van die straat in Mayville het oorspronklik bekend gestaan as Brockwellstraat. 


Parktown Estate: 

Voor 1905, word daar ‘n verskeidenheid kere na Parktown Estate verwys as Wonderboom_Suid voor dit het dit bekendgestaan as Franken’s Estate. 

Nienaberlaan: 

Tot in 1932 was dit Weststraat. Charl Pieter Zacharias Nienaber (1892-1953) het in Parktown Estate gewoon. Hy was ‘n kulturele leier in die omgewing. 

Frankenweg: 

Die voorstad se naam was oorspronklik Franken’s Estate. Die meneer Franken het die tweede kerk op kerkplein gebou, wat in 1905 afgebreek is. 

The Grovestraat: 

Hierdie was die oorspronklike pad wat deur die boorde, wat in die laat 1800s hier aangeplant was, geloop het. Kensingtonlaan: 

Vernoem na Kensington in Engeland.  

Burlingtonlaan: 

Vernoem na Burlington in Engeland. Die straat was tot in 1932 Southstraat.  

Lambert Leelaan: 

Lambert Heaton Lee (1878-1949) was ‘n onderwyser by Mayville Laerskool hy het in Mancelaan gewoon. Sy seun, ook Lambert Lee, is in 1944 in New Castle in Engeland gearristeer vir onwettige mynstakings. 

Morganlaan: 

Morgan was ‘n lid van die maatskappy Myburg, Morgan, Flowers & Venter, wat verantwoordelik was vir die uitlê van Capitalpark en Parktown Estate. 


Rietondale: 

Die naam van Rietondale het nie ‘n eenvoudige voorgeskiedenis nie. In 1899 was die area nog Villeria genoem. Hier het die rivier, wat verbasend genoeg vandag ook nie meer bestaan nie, ‘n belangrike rol gespeel. In 1990 word die rivier, wat van die proefplaas af gevloei het, deur die middel van die park, Noord van Rietondale Primary School (Oorspronklik die Riverdaleskool) tot by die Chaimberlain voëlpark, die naam Rietondale-Loop gegee. 

Oorspronklik was die rivier die Dale rivier, wat die dal beskryf het waardeur hy geloop het. Die plaas waarop die voorstad gebou was, was Rietfontein 24 en vandaar die naam Riet-on-Dale wat vandag as een word geskryf word. Die eerste keer wat die gedeelte amptelik Rietondale genoem word, is in 1908. 

Eben Rouxstraat: 

Eben Roux het die grond tussen Morrison- en Buffelstrate besit. Hy het by Buffelstraat 80 gewoon. 

Kameelweg:

In die 1920s was daar ‘n tydperk wat die buffels en die kameel van die Pretoria Dieretuin op die proefplaas aangehou is wwens ‘n wydingstekort in die dieretuin.

Nealstraat: 

Op 2 April 1927 is daar ‘n groot deel van Rietondale verkoop uit die boedel van EB Bourke. Ronald James Neal (1894-1945) wat ‘n hoofkonstabel in die Suid Afrikaanse Polisie was, het die stuk rondom Nealstraat gekoop. Hy het self by 18de Laan 234 gebly. 

Morrisonlaan: 

Vernoem na John Wilfred Morrison, ‘n boukontrakteur. Morrison was deel van die Rate Payers Association of Rietondale en het homself ernstig bemoei met die uithou van besighede en woonstelle uit die gebied, iets wat vandag nog steeds so is. Morrison was ook ernstig oor die bou van die sportsgronde en die verwydering van sinkhuise uit die gebied, aangesien hy sulke huise as sleg beskou het. Hy het die erwe waarop die sinkhuise voorheen gestaan het  opgekoop en nuwe huise daar laat bou. 

Buffelsweg: 

In die 1920s was daar ‘n tydperk wat die buffels en die kameel van die Pretoria Dieretuin op die proefplaas aangehou is vanweë ‘n wydingstekort – vandaar die naam. 

Lysstraat: 

Vernoem na John Robert Lys (1829-1880), die 5de burgermeester van Pretoria wat tussen 1878 en 1880 die posisie bekleë het. Hy was ook ondermeer vanaf 1869 ‘n lid van die Volksraad en hooflanddros in 1879. Hy is in Alderney in die Verenigde Koninkryk gebore en die eerste Engelse lid van die ZAR-regering.   

Northstraat: 

Nortstraat is die enigste oorblyfsel van die oorspronklike straatname Noord, Oost, Suid en West. 

Jan Hugostraat: 

Jan Hugo het die grond waarop Rietondale vandag is, in die 1890s vanaf Mnr Roda gekoop. 

Soutpansbergweg (Suidstraat): 

Die pad was die hoofroete na die Soutpansberge in die noorde van die land. Die naam is in 1929 van Suidstraat wat suid van Villeriapark geleë was, verander na Soutpansbergweg.  

Russelstraat: 

Is vernoem na F Russel wat by Annie Bothalaan 86 gewoon het. 

Nuffieldstraat (Weststraat / Paul Krugerstraat):

 Oorspronklik Weststraat (Wes van Villeriapark), is die straat voor 1929 herdoop na Paul Krugerstraat, aangesien dit die straat is wat van Gezina af ingekom het. Toe dié deel in 1931 weer by Pretoria ingelyf is, is die straat na Nuffieldstraat verander. William Richard 1ste Burggraaf van Nuffield (1877-1963) was die stigter van die Morris Motor Company in Engeland. 

Katelaan: 

Vernoem na Kate Behrman, gebore Hart (1908), die eggenote van die oorspronklike eienaar van die grond, naamlik Cyril Julius Behrman (1906-1990) 

Kaptein Janstraat: 

Dié gedeelte het aan Jan Klompje (1897-1977) behoort. Sy seun Kaptein Jan Klompje (1923-1944) het tydens die 2de Wêreldoorlog (1939-1945) in Italië gesneuwel en die straat is na hom vernoem. 

Daleweg: 

Vernoem na die oorspronklike rivier wat deur die gebied geloop het, naamlik die Dalerivier. 

Poustraat: 

Vernoem na Dr W Oscar Pou, die dokter van die Merebank Konsentrasiekamp in Natal.  

Van Soelenlaan: 

Op 2 April 1927 is die deel gebied waardeur die straat loop, deur Mr van Soelen, ‘n Vrystaatse prokureur, aangekoop. Sy seun het dit by sy pa oorgekoop en dit is na die seun vernoem wat in Nylstroom as ‘n prokureur gepraktiseer het.  

Van der Merwestraat (Ooststraat): 

Vernoem na Mr CC van der Merwe, woonagtig by Soutpansbergweg 307, op die hoek van Van der Merwestraat. Die naam is in 1929 van Ooststraat, wat oos van Villeriapark geleë was, na Van der Merwestraat verander. 

Tom Jenkinsrylaan (Alice): 

Die deel van die pad aan die noordekant van Soutpansbergweg was oorspronklik Alicestraat. Dit het egter in 1972 verander toe die pad ‘n verlenging van Tom Jenkinsrylaan geword het. Prinses Alice, Gravin van Athlone (1883-1981) was die eggenote van die Graaf van Athlone, die Goeweneur Generaal van die Unie van Suid Afrika (1924-1930). Tom J Jenkins (1883-1966) was die burgemeester van Pretoria (1944) asook die voorsitter van die Belastingsbetalersvereeniging van Rietondale wat die pad laat bou het. 



Riviera: 

Die naam Riviera vloei uit die Franse woord, riviera wat “kusgebied” beteken. Die area, wat deel uitmaak van die plaas Rietfontein 26, word die eerste keer in 1895 op karate Riviera-Estate genoem. 

Die rivier wat tot in die 1990s daar gevloei het, word dan belangrik vir die naam. Die rivier het begin waar Unionstraat vandag is tot by die hoek van Kieser- en Klaradynstrate. Die rivier was oorspronklik bekend as die Wood Rivier, maar omdat die naam in onbruik verval het, is die loop (wat vandag nie meer bestaan nie) in 1990 deur die Street Name advisory committee as die Riviera-Loop hernoem. 

In 1900 word die voorstad se naam verander na Riviera-on-Wood (verwys na die rivier) wat ‘n Engelse gebruik is om plekke met die selfde name van mekaar te onderskei ken. In 1906, word dit ‘n amptelike dorpsgebied en die naam word verander na net Riviera. 

Malanstraat: 

Vernoem na Gabriel Gideon Malan (1874-1955) eienaar van GG Malan & Co Auctioneers. Hy het oorspronklik vir JD Celliers & Co Ltd gewerk (sien Viljoenstraat).

Rosestraat:

 M Rose was die eienaar van ‘n masjineringswerkswinkel en ‘n slotmaker. Hy het wapens vir die Staatsatilerie reggemaak.   

Annie Bothalaan (Louis Botha- / Pleinstraat):

 Oorspronklik het die straat na Villeriapark gelei, waarvan die westelike kant ‘n plein was, maar op een of ander stadium is dit na Louis Bothalaan verander. Botha was ‘n bekende boeregeneraal en die heel eerste eerste minister van die Unie van Suid Afrika. (Louis Botha (1862-1919)). In 1972 toe gedupliseerde straatname verander is, is die straat na Annie Bothalaan verander - die eggenote van Louis Botha, naamlik Annie Emmett (1864-1937). 

Mannstraat: 

Frederick Mann (1861-1939) was ‘n bekende haarkapper in Pretoria en hy het die Central Haircutting and Shaving Saloon besit.  

James Clarkstraat: 

James Clarke (Ook bekend as Jacaranda Jim) het ‘n winkel in 1893 in Pretoria geopen. Hy was bekend as ‘n kruidenier, saadhandelaar en bloemiste. James Clarke was die eienaar van die grond waarop hy ‘n groot kwekery gehad het. Hy was ook verantwoordelik vir die eerste Jakarandabome wat in die stad geplant is. 

Unionstraat: 

Die straat kry sy naam vanaf die stigting van die Unie van Suid Afrika in 1910. Van die eerste staatsgeboue word in dié straat opgerig. 

Viljoenstraat: 

JA Viljoen was een van die aandeelhouers van ‘n maatskappy wat die regeringsafslaers bedryf het. Hy was ook in 1891 ‘n markmeester van die ZAR.

Auguststraat: 

Die eienaar van die erwe rondom die straat was August Friedrich Tandler.  

Ballardstraat: 

Sir Harry Ballard was ‘n besigheidseienaar wat saam met ander persone die eienaar van ‘n verskeidenheid besighede in Pretoria en Johannesburg was. Hy was onder andere die grootste aandeelhouer in Ohlson’s Brewer. 

Wellstraat: 

Hierdie straat het geëindig by ‘n natuurlike put en teen die berg kan daar nog oorblyfsels van die put gesien word. 

Blakestraat: 

Vernoem na AG Blake, die eerste markmeester van die ZAR.  

Pieter Bouwerstraat: 

Was oorspronklik net Bouwerstraat en is in 1972 verander om die eerste naam van die oorspronklike eienaar van die erwe, Pieter Willem Bouwer in te sluit. 

Parkerstraat: 

John Fraser Parker was die eienaar van die kroeg halfpad tussen die stad en Wonderboompoort op die plaas Les Marais. Hy het die besigheid in 1891 begin.  

Klaradynstraat (Hannah): 

Oorspronklik is die straat na Hannah Robertson vernoem, die eggenote van die oorspronklike eienaar van die erwe. Die straat se naam is na Klaradynstraat verander, en vernoem na die titel van ‘n boek deur die skrywer Mikro wat hier woonagtig was. 

Merlestraat: 

Merle Clarke was die dogter van die oorspronklike eienaar van die grond, naamlik James Clarke.  

Brianstraat: 

Brian Clarke was die seun van die eienaar van die grond, naamlik James Clarke.Later was Brian Clarke ook die president van die WNNR.  

Hadleystraat: 

Vernoem na Charles Arthur Hadley (1874-1933) wat ‘n LPR van Transvaal was.  

Bettystraat: 

Elizabeth Susanna (Betty) Bloemsma, gebore Maritz, was die eggenote van die hoof van die stadsraad se landgoedere-afdeling. 


Roseville: 

Roseville is in die 1890’s gestig deur Paulus Adriaan Petrus Johannes Nel (1857-1918), Adriaan Petrus Johannes Nel (g.1859) en Ewald Esselen. Die naam kom vanaf die nooiensvan van Maria Partridge Nel (1863-1947), wat ‘n nooi Rose was. Sy was met APJ Nel getroud. Die voorstad is op Enkungwini gebou wat vroeër jare Mzilikatzi se militêre hoofkwartier was. Die voorstad is in 1898 deur FS Watermeyer uitgelê. 

Sophiastraat 

Was Eerstestraat tot in 1932 en is toe hernoem.  

John Vorsterweg: 

Vernoem na die Eerste Minister Belthazar Johannes (John) Vorster (1915-1983). Hy was die sewende eerste minister van die Unie van Suid Afrika vanaf 1966 tot 1978 as die eerste ministers vanaf uniewording getel word.   

Bothastraat: 

Vernoem na Dr JH Botha die voorsitter van die Loonraad en die komissaris van die Suid-Afrikaanse Spoorweë. 

Herculesstraat: 

Vernoem na die spoorwegsiitasie wat vir Portland Cement gebou is. Die naam Hercules kom vanaf die Romense mitologie en hy was die seun van Zeus. Hercules simboliseer krag. Die naam hou dus direk verband met die krag van die sement. 

Mootstraat 

Die straat was deel van die oorspronklike pad wat van oos na wes deur die Moot geloop het.  

Haarlemstraat: 

Vernoem na die Nederlandse skip wat in 1647 aan die kus van Suid Afrika gestand het. Die stranding het direk tot die stigting in 1652 van die verversingspos aan die Kaap gelei. 

Es’kia Mphahleleweg: 

Es’kia Mphahlele (1919-2008) was ‘n Suid Afrikaanse skrywer en kunstenaar. Hy het 17 boeke geskryf waarvan vyf deur die apartheidsregering verban is. Hy het in die voorstad Azian Bazaar grootgeword en die straat loop ook deur die gebied. Die straat was oorspronklik DF Malanweg genoem na die eerste minister van Suid-Afrika vanaf 1948 tot 1954, naamlik Daniël François Malan (1874-1959).  

Paulusstraat: 

Vernoem na een van die twee Nel broers wat Roseville gestig het, Paulus Adriaan Petrus Johannes Nel (1857-1918).  

Schoonstraat: 

Straatnaam is gegee in 1979 en die straat is vernoem na Robert Schoon, ‘n Skotse jagter wat die sendelinge na Mzilikazi se kraal gelei het. 

Eikelaan: 

Was oorspronklik Fourth Street. Verander na Eikestraat, want die hele straat was oorspronklik met eikebome beplant.  

Jan Visselaan: 

Jan Hendrik Visse was die burgemeester van Pretoria van 1950 to 1953. 

Bruinslaan: 

Henry Leonard Bruins-Lich (g.1902) was die superintendent van parke in Pretoria. Hy het later jare hier gebly. Die straat het oorspronklik 3de Straat geheet tot die naam in 1932 verander is. 

Adriaanstraat: 

Vernoem na een van die twee Nel broers wat Roseville gestig het, Adriaan Petrus Johannes Nel (g.1859)  

Magdalenalaan: 

Oorspronklik Second Street tot 1932. Toe hernoem na Johanna Magdalena Nel, gebore Mare, (1830-1895). Sy was die moeder van die Nelbroers wat Roseville oorspronklik gestig het.  

Partridgelaan: 

Maria Partridge Nel (1863-1947) was die eggenote van Paulus Adriaan Petrus Johannes Nel (1857-1918) wat ook een van die stigters van Roseville was.  

Smooklaan: 

Christiaan Jacobus Smook (1873-1938) was ‘n spoorwegpasser by die Eloffsdal se rangeerwerke.    

Riekertlaan: 

Was oorspronklik West Straat en verander in 1932 na Riekert. Vernoem na MM Riekert wat in 1922 die regeringsverteenwoordiger vir Innesdale was. 


Villieria

In die oorspronklike verbandhoudende dokumentasie word die naam as ‘Villeria’ gespel maar vandag word die spelling ‘Villieria’ gebruik. Die oorsprong van die naam is onbekend. 

Villeria – ‘n Klein area met die naam Villeria word so vroeg as 1895 op kaarte 1895 aangedui. Op daardie stadium word dit met vier strate naamlik Noord, Zuid, Oost en West rondom ‘n plein met die naam Villeriapark (die Rietondalepark van vandag) gekarteer. 

Die 1899-kaart noem dat dit oorspronklik deel uitgemaak het van die plaas Rietfontein 24 en dit was geleë waar die voorstad, Rietondale, vandag is. Die gebied wat ons vandag as VillIeria ken, is die eerste keer in 1896 aan die publiek te koop aangebied met 1530 erwe. 

Die voorstad is ontwikkel deur Von Wielligh. In 1907 kry VillIeria as deel van Wyk (ward) C, sy eie gesondheidsraad en in 1914 word dit deel van Wyk 1 van Innesdale. 

Fratesweg:  

Thomas James Frates (1910-1961) was in 1944 die raadslid vir Innesdale. Frates is van 1948-1958 die NP -aadslid vir Koedoespoort en word tussen 1946 en 1947 ook die burgemeester van Pretoria. Hy het die befondsing vir die bou van die straat in die vroeë 1950s bewerkstellig. 

Terblanchestraat: 

Die straat is vernoem na Pieter Terblanche van der Walt (1906-1971). Aangesien daar reeds ‘n van der Waltstraat in Pretoria was, kon daar nie ‘n tweede een so vernoem word nie. Gevolglik is daar op die tweede naam van die Heer van der Walt besluit toe die straat sy naam gekry het. Van der Walt, wat in Villieria gebly het, is in 1931 verkies as een van die twee raadslede vir Innesdale met die herïnkorpireering met Pretoria. Hy bedank in 1935. 

Pierneefstraat: 

Die straat is vernoem na die bekende Suid Afrikaanse skilder, Jacob Hendrik (Henk) Pierneef (1886-1957). Pierneef is vandag seker een van dié bekendste Suid Afrikaanse skilders. Hy het in die rondom 1910 in Pierneefstraat gebly. 

Mombergstraat: 

Die straat is vernoem na JJ Momberg, die Veldkornet van Pretoria tydens die uitbreek van die Suid Afrikaanse Oorlog (1899-1902). Hy sou later ‘n korporaal in Kommandant Pyper se kommando wees. 

Combrinckstraat

Die straat is in 1960 na HA Combrinck van Combrinck (Pty) Ltd vernoem. Combrinck was die eiendomsagent en eienaar van daardie deel van Villieria wat soms bekend staan as Pierneefrif, die gebied suid van die treinspoor). 

Heckroodtlaan: 

Vernoem na Willem Hendrik Lategan Heckroodt (1892-1975) wat die sekretaris van die Suid Afrikaanse Spoorweg se direksie was, asook die algemene bestuurder van die SAR&H vanaf 1950. 

Lydialaan: 

Aan die naam van hierdie straat kleef so tikkie persoonlike geskiedenis van die skrywer van die artikels waaruit die inligting vir hierdie geskrif onttrek is. Klaas de Kamper, deel van Sulman & Kie wat ‘n bou-aannemer was, het oorspronklik die blok grond tussen 30ste Laan tot by 27ste Laan en tussen Hertzog- en Haarhoffstrate besit. Die stadsraad wou graag ‘n park daar vestig en De Kamper het die grond vir die stadsraad geskenk onder die voorwaarde dat die park nie verkoop mag word nie (dit is vandag ‘n meethuiskompleks) en dat die straat en park na sy dogter, Lydia de Kamper (1913-1944), vernoem moet word. Lydia is onder onbekende omstandighede tydens die Tweede Wêreldoorlog, op die selfde dag as haar skoonpa, in Apeldoorn, Nederland oorlede. 

Toddlaan: 

Toddlaan is vernoem na Ernest Charles Todd (1868-1937) wat die “Central South African Railways” (1902-1910) se betaalmeester was. Die klein gedeelte van Villieria is deur die spoorweë ontwikkel vir die gebruik van sy finansiële amptenare en is na Todd vernoem wat die eerste hoof van finansies by die spoorweë was. 

Odelaan:  

Tot in 1972 is dit ‘Fourth Private Avenue’ genoem, maar met die uitfasering van gedupliseerde name in die stad, is die straatnaam na Odé Laan verander. Gabriel Adolf Odé (1856-1897) is in Schiedam in Nederland gebore. In die middel-1890s skryf hy etlike geskiedenis- en aardrykskundeboeke oor die Transvaal vir skoolgebruik. 

Ben van Tonderlaan: 

Tot in 1972 is dit ‘Third Private Avenue’ genoem, maar net soos in die vorige paragraaf vermeld is, is die naam van die straat met die uitfasering van gedupliseerde name in die stad verander na Sekelboslaan. Dit het egter Sekelboslaan in Wonderboom se naam gedupliseer en is toe later weer verander en die keer na Ben van Tonderlaan verander. Barend Matheus van Tonder was die burgemeester van Pretoria op twee geleenthede, naamlik 1957-1958, asook in 1965 en 1966. 

Kerkenberglaan: 

Tot in 1972 is die straat ‘Tweede Privaat Laan’ genoem en om dieselfde rede as wat hierbo verduidelik is, is die straatnaam verander na Kerkenberglaan. Kerkenberglaan se naam kom van die gebied naby Harrismith 9KZN)(wat deur ene Ds Smit as ‘n kerk tydens die Groot Trek in 1838 gebruik is. 

Talanalaan: 

Tot in 1972 is die straat ‘Eerste Privaatlaan’ genoem en dit is om dieselde rede as wat vir die verandering van die name van Tweede- tot Vierde privaatlaan gebruik is. is die straatnaam na Talanalaan verander. Talana is vernoem na die slag van Talana net buite Dundee (KZN) in Oktober 1899 tydens die Suid Afrikaanse Oorlog (1899-1902). 


Die geskiedenis van die Jakarandabome van Pretoria: 

Wie het die visie gehad om ons strate so mooi te verfraai met Jakarandas wat vandag in groot gedeeltes van die stand voorkom en soveel vreugde bied? Waarom is Jakarandas juis gekies? Lees verder en geniet… Interessante feite omtrent Pretoria se Jakarandas is: 

  • Die eerste bome is reeds in 1888 geplant.
  • ‘n Reisende kwekery-eienaar, Mnr Tempelman, het twee Jakarandas aan Jacob Daniel Celliers, wat in Sunnyside gewoon het, verkoop. Baie van die bome in die stad is saailinge van die saad van die oorspronklike bome wat in sy erf geplant is.
  • In 1898 skenk Daniel Celliers saad om bome in Groenkloof aan te plant.
  • In 1895 begin James D Clark ‘n kwekery in Riviera en in 1898 ontvang James Jakarandasaad vanaf Australië.
  • Op 16 November 1906 skenk James Clark 200 Jakarandaboompies aan die stad ter viering van Pretoria se 51ste verjaarsdag. Dis die oorsprong van die grootskaalse aanplanting van Jakarandabome langs strate in Pretoria.
  • Die eerste straat waarin die soort bome aangeplant is, was Kochstraat (vandag heet dit Bosmanstraat).
  • In 1909 -1920, was WF Jameson die stadsingenieur van Pretoria. Hy maak ‘n kwekery vir die kweking van Jakarandaboompies vir aanplanting in die stad oop. Jameson het die pragtige bome in Daniel Celliers se tuin gesien en daar en dan besluit daar moet meer Jakarandas in Pretoria pryk.
  • In 1911, word Jakarandas oor ‘n afstand van 64km in strate van Pretoria aangeplant.
  • Die stadsraad skenk twee Jakarandas aan elke huiseienaar wat bome verwyder wat die rioolsisteem in die stad bedreig.
  • Teen 1939 was reeds 17 000 bome geplant.
  • Teen 1957 was reeds 25 000 bome geplant.
  • Daar is na raming 65 000 Jakaranda in Pretoria geplant.
  • In Groenkloof en Wonderboompoort is daar ook ‘n 100 skaars wit Jakarandabome geplant en snaaks genoeg kan hierdie bome nie self met saad voortplant nie.
  • Jakarandas is gekies omdat die bome vinnig groei, teen ryp bestand is en goeie weerstand bied teen boomsiektes.
  • Jakarandas kan maklik meer as ‘n 100 jaar oud word.